Die silhoeët van ’n duikboot aan die kus van die skiereiland het Kapenaars vandeesweek agterdogtig en nuuskierig gelaat.
Met verlede maand se vlootoefeninge saam met Rusland en China aan die kus van KwaZulu-Natal en die steeds onverklaarbare teenwoordigheid van ’n Russiese vragskip in Simonstad se hawe, was daar onsekerheid oor die duikboot se herkoms.
Strandgangers het die duikboot die naweek van Kalkbaai en Seepunt se strande af gesien en foto’s daarvan geneem.