Regstelling:
Die naaswenner in die blokraaiselkompetisie was adv. Jo Hiemstra en Willie Pretorius het derde gekom. Dit word verkeerdelik andersom geskryf in die berig.
Ilse van Hemert, Suid-Afrika se eerste RSG-blokraaikampioen, vermoed indien haar ma nog gelewe het, sou sy eerder as Ilse Saterdag in die geskiedkundige blokraaikompetisie geseëvier het.