Bheki Cele, polisieminister, belowe daar sal genoeg polisielede op die grond wees om seker te maak die EFF se protesoptrede geskied ordelik.
Cele het Vrydag saam met genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, en lt.genl. Elias Mawela, polisiekommissaris van Gauteng, inspeksie van polisielede in Mayfair, Johannesburg, gedoen.
Hulle het ná die inspeksiebesoek na Germiston gegaan om deur die gemeenskap te stap.