Die EFF wil as deel van hul #NationalShutdown die Verkeerdevlei- en Brandfort-tolhek naby Bloemfontein versper om die verkeer tot stilstand te dwing.
Daar is glo planne om twee vragmotors by die Verkeerdevlei-tolhek te kaap sodat die verkeer daarmee versper kan word.
Baba Sebolao, koukusleier van die EFF in die Mangaung-metro, het bevestig dat die EFF in die Vrystaat en Bloemfontein beplan om Sondag al vanaf middernag te betoog, maar hy wou nie sê wat hulle beplan en waar hulle bymekaar gaan kom nie.