Hulde stroom in vir ’n geliefde Bloemfonteiner nadat hy vandeesweek skielik gesterf het.
Aubrey Pienaar (46), ’n toesighouer by Mediclinic Bloemfontein se noodeenheid, is Dinsdag omstreeks 15:30 by sy huis in Hospitaalpark in die stad oorlede.
Wimpie Pienaar, sy eggenoot van die afgelope sowat agt jaar, is gebroke. Die egpaar was in totaal ’n dekade lank ’n paartjie en het tot hul dood alles met mekaar gedeel.