Eiendomsagente en regsgeleerdes wat elke dag die aktekantoor gebruik, sal vir eers moet wag.
Die departement van landelike ontwikkeling het in ’n verklaring gesê die aktekantore in Kaapstad wat op 4 Mei sou heropen, is steeds toe.
Reggie Ncgobo, woordvoerder van die departement, sê die aktekantoor is ingevolge vlak 4-riglyne, wat op 1 Mei uitgereik is, as ’n noodsaaklike diens geregistreer.