Die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap tussen die Stormers en Munster Saterdag in die DHL-stadion in Kaapstad laat die rekords behoorlik spat.
55 000 rugbyliefhebbers het in minder as drie uur kaartjies vir die wedstryd opgeraap.
Dis meer kaartjies as wat verkoop is vir die toetswedstryd tussen die Springbokke en Wallis in 2022. Slegs die popgroep U2 het in 2011 meer kaartjies – 63 957 – in die stadion verkoop, luidens ’n verklaring wat namens die stadion en die organiseerders uitgereik is.