’n Jong man van Roodepoort, Quinton Erasmus (21), sê hy wou amper in trane uitbars toe hy Saterdag sy ma, Adéle (48) se stem hoor om te sê sy is veilig.
Erasmus was oortuig sy ma en sy stiefpa, Mark Bezuidenhout (52), was Donderdagoggend gekaap toe hulle glo van Margate onderweg was na Johannesburg.
Volgens Erasmus het ’n vreemde man van sy ma se foon gebel om te sê sy ma en stiefpa is gekaap, sy ma is in haar gesig geskiet en sy stiefpa is nie in staat om te praat nie.