Die Springbok-losskakel Elton Jantjies het ’n klag teen sy eie agent by Wêreldrugby ingedien waarin hy beweer daar is bendelede na hom gestuur om geld in te vorder.
James Adams, die betrokke agent, het Jantjies vroeër vir kontrakbreuk gedagvaar omdat die Springbok hom glo geld skuld.
Jantjies se Springbok-loopbaan is volgens alle aanduidings verby nadat Rapport oor sy buite-egtelike verhouding met die span se dieetkundige, Zeenat Simjee, berig het.