Dit is duidelik dat die sienswyse van dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, ideologies gedrewe is.
Só sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK-netwerk, wat Dinsdag saam met lede van dié organisasie se bestuur ’n versoekskrif by Nzimande se kantoor in Pretoria oorhandig het.
Nzimande weier om Afrikaans as ’n inheemse taal te erken. Hy het vroeër gesê Afrikaans is in die jongste taalbeleidsraamwerk vir openbare hoëronderwysinstellings uitgesluit van sy definisie van inheemse tale.