Die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) swyg oor bewerings dat hy meer as twee jaar versuim het om die salaris te betaal van ’n versorger wat na die apartheid-sluipmoordenaar Eugene de Kock omsien.
Die versorger is glo in 2017 aangestel as deel van die sorg wat die SVA aan die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder bied nadat hy in 2015 op parool vrygelaat is.
Ene mev. K het verlede jaar voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping beweer dat die SVA as deel van Operation Lock tussen R100 000 en R200 000 per maand vir De Kock se versorging opdok.