Die uiters vervalle padnetwerk na Ficksburg, grondpaaie om die dorp en die pad van Ficksburg na Rosendal en Senekal word Woensdag uit protes gesluit om die Vrystaatse provinsiale regering te dwing om dit te herstel.
Morgan Barrett, voorsitter van die Ficksburg-boerevereniging, sê die landbousektor het ’n forum met 13 ander organisasies gestig wat bekend staan as “Sechaba sa Ficksburg” om Sisi Ntombela, premier, en haar regering te dwing om die paaie te herstel. Die forum wil ook weet wanneer dit gedoen gaan word.
Hulle sê die paaie is so vervalle dat dit lewensgevaarlik is om dit te gebruik.