Rheinmetall Denel Munition (RDM) moet strafregtelik vervolg word weens die ontploffing in September 2018 by sy aanleg in Kaapstad waarin agt werkers gesterf het.
Die maatskappy moet ook vervolg word weens die beweerde oortreding van sekere regulasies wat verband hou met wetgewing oor beroepsgesondheid en -veiligheid, beveel Mphumzi Dyulete, voorsitter van die geregtelike ondersoek na die ontploffing, aan.
Die verslag is nou aan die nasionale vervolgingsgesag gestuur.