Die man wat Dinsdag ná ‘n haaiaanval in Plettenbergbaai dood is, is as Bruce Wolov geïdentifiseer.
Wolov was volgens inligting op LinkedIn ‘n portefeuljebestuurder by PSG in Saxonwold, Johannesburg.
PSG wou nie Woensdag by navraag aan Netwerk24 meer inligting oor Wolov bekendmaak nie en sê die familie het hul pa verloor en dat navrae aan die familie gerig moet word.