Die Kaapstad-metro het Saterdagaand geskitter tydens die Kaapstad-karnaval wat weer vanjaar teruggekeer het na sy ou glorieryke formaat.
Vir die eerste keer ná die Covid-19-pandemie het die karnaval teruggekeer na die strate van Kaapstad en kleur, musiek en ’n feestelike atmosfeer het die stad gevul.
Brandbestryders wat kaalbolyf dans, kunstenaars in bont kostuums en selfs bekende gesigte is deur die loop van die aand gesien.