Die Gariepdam, Suid-Afrika se grootste dam, word die naweek 50 jaar oud. Die dam het die Suid-Afrikaanse landskap verander en water vir talle stede en dorpe verskaf. Charles Smith het met Johan en Marianne Visser, ’n egpaar van Gariepdam op die damwal se stoep, gepraat oor ’n boek oor die dam wat hulle vandag die lig laat sien.
Indrukwekkend.
’n Ingenieursprestasie duisend. ’n Dam wat Suid-Afrika in vele opsigte dramaties ten goede verander het en wat nog vir 300 jaar water aan miljoene mense sal verskaf en miljoene mense indirek van kos sal voorsien met boere wat uit hom besproei.