Die Vrystaatse digter Stanley Cierenberg het Saterdagoggend namens Marizanè du Plessis, Eddie Hills se verloofde, ’n gebed vir hom in die Milpark-hospitaal gedoen.
Eddie is Donderdagaand in ’n plaasaanval buite Hennenman in sy nek geskiet en sy pa, Pieter, is doodgeskiet.
Cierenberg het ’n tradisie waar hy by die Voortrekkermonument vir vermoorde boere ’n gedig opsê wat hyself geskryf het.