Een van die maniere om die “pandemie” van geslagsgegronde geweld te stuit, is om alle titelaktes van huise voortaan aan vroue oor te dra.
Dit was Woensdag een van die voorstelle op ’n aanlyn bespreking wat Alan Winde, Wes-Kaapse premier, met twee stigters van organisasies teen geslagsgegronde geweld gehou het.
Kristina Miller, stigter van Great Girls, en Suraya Williams, stigter van Design26, was deel van die bespreking rakende die bemagtiging van vroue gedurende die 16 dae van aktivisme, wat op 25 November afgeskop het.