In ’n klein dorpie soos Rosendal in die Oos-Vrystaat is daar nie eilande nie – die inwoners sien mekaar se swaarkry raak en help.
So sê Hanné Koster, dokumentêre filmmaker en skrywer, asook ’n vrywilliger van onder meer die Mautse-uitreikprojek.
Koster het in ’n onlangse video oor dié uitreikprojek gewys hoe hulporganisasies en gemeenskapslede in die omgewing saamstaan om sowat 1 200 hulpbehoewendes te midde van die Covid-19-pandemie te help.