’n Geldgeskil tussen SA Rugby en die Kaapse stadsraad kan daartoe lei dat Kaapstad later vanjaar die derde toets teen Wallis verloor.
Rapport verneem rugbybase is ontevrede omdat hulle meer as R1 miljoen moet opdok om die Kaapstad-stadion vir die toets te huur.
Die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha en Ellispark in Johannesburg word in die wandelgange as alternatiewe genoem om die derde toets, op 16 Julie, aan te bied.