Die Suidelike Kings-rugbyspan het gisteroggend ’n aanlyn Back A Buddy-veldtog begin om sy spelers en personeel te kan betaal.
Teen Saterdagmiddag is R10 400 se skenkings reeds ontvang.
Die Suidelike Kings-franchise is in vrywillige likwidasie geplaas en het R55 miljoen se skuld, het News24 verlede week berig. Die besluit om te likwideer is geneem, omdat daar geen vooruitsigte vir verdere inkomste vanjaar is nie.
DispatchLIVE het berig spelers is verlede Saterdag by ’n vergadering by Imatu-huis deur André Rademan, president van die Oostelike Provinsie- rugbyunie, ingelig oor die likwidasiebesluit.