’n Eeu ná die wêreldbekende Boeregeneraal Christiaan Rudolph de Wet se afsterwe, inspireer hy steeds.
Dít is vir Rentia Joubert, wat die hartsprojek aangepak het om ’n gedenkmonument vir De Wet op haar en haar eggenoot se plaas Klipfontein buite Dewetsdorp te laat oprig, ’n wonderlike gedagte.
Dit is die einste plaas waarop De Wet gewoon en gesterf het. Hy het tien van sy 16 kinders oorleef.