’n Babaseuntjie van 11 maande is Vrydag in die Universitas-hospitaal in Bloemfontein dood weens erge breinbeserings.
“Ons voorlopige ondersoek het bevind dat die kind op 20 Mei van sy bed afgeval het en die volgende dag hospitaal toe geneem is,” sê kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.
Christiaan van der Merwe is op 21 Mei na die Bongani-hospitaal geneem, waarna hy weens die aard van sy beserings na die Universitas-hospitaal oorgeplaas is.