Toe ’n veewagter Donderdag by hulle aankom met hul seun (26) se Bybel het ’n gesin besef iets groot is fout en dat hy nie soos hulle vermoed het in die township rondkuier nie.
Hulle het hul seun, Joseph Thapelo Makhanye (26), wat toe reeds sedert Maandag nie by die huis in Qalabotjha in Villiers in die Vrystaat was nie, as vermis by die polisie aangemeld.
Polisieduikers het sy lyk Vrydag in die Vaalrivier, waar dit langs die dorp verbyvloei, gekry.