“Dit is nie hoe polisiemanne in Suid-Afrika moet optree nie. Dit kan nie meer só aangaan nie. Ons wil sien dat geregtigheid geskied.”
Yolandi Groenewald verduidelik dis waarom sy en haar man, Neels Groenewald, Donderdag met behulp van AfriForum se private vervolgingseenheid klagte van afpersing en korrupsie teen lede van die Tshwane-metropolisie (TMPD) by die Lyttelton-polisiekantoor in Pretoria ingedien het.
“Ons het ’n aand gehad waar hulle ’n skrikbewind teen ons gevoer het. Dit was vir ons almal traumaties, veral vir ons seun,” sê Yolandi.