Dit was ’n moeilike aand wat Marno Muller se ouers agter die blad het, maar die vyfjarige het ten minste geen terugslag ervaar nie.
Die seuntjie, wat Donderdag op ’n glyplank by ’n kleuterskool in Brakpan gespeel het toe die toutjies van sy baadjie verstrengel geraak en hom gewurg het, is steeds in die waaksaal van die Garden City-hospitaal in Johannesburg, en sy toestand word steeds as kritiek gereken.
“Besoekers mag net tot 21:30 by die waaksaal wees, so ek het daarna kort-kort maar deur die nag gebel,” vertel Marno se pa, Rudi Muller.