’n Vrou van Upington het Sondag spoorloos verdwyn nadat sy omstreeks 09:30 by die agterdeur van haar huis uitgeloop het.
Elize van Zyl (59) het na bewering die oggend by die agterdeur van haar huis in Olyvenhoutsdrift uitgestap terwyl haar lewensmaat, Hein Grün, glo besig was om te kook.
Hy het nie dadelik onraad vermoed nie en glo gedink sy is dalk saam met die bure kerk toe.