Die dele van die Goudveld wat Sondagoggend sonder elektrisiteit was, se krag is die middag herstel.
Kragvoorsiening is die oggend by die Virginia-substasie in die Vrystaat onderbreek.
Luidens ’n verklaring van Eskom het die krag Sondag om 05:15 by die substasie afgegaan wat Virginia en omstreke asook Hennenman sonder krag gelaat het.