’n Grafsteen in die vorm van ’n beskuitjie is Sondag in Eldoradopark suid van Johannesburg ter nagedagtenis aan Nathaniel Julies onthul.
Nathaniel (16) is dood nadat hy in Augustus 2020 tydens protesoptrede naby sy huis in Eldoradopark raakgeskiet is.
Sy familie het destyds gesê dié tiener met downsindroom het sy gunstelingpeuselhappie, beskuitjies, gaan koop toe hy geskiet is. Hy is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem, waar hy by sy aankoms dood verklaar is.