Lugard, die ou olifant van Kenia wat verlede Maandag dood aangetref is, was waarskynlik die olifant in Afrika met die swaarste paar tande.
Hoewel hulle nog nie geweeg is nie, reken dr. Johan Marais, ’n veearts van Johannesburg, elkeen van daardie ivoortande weeg waarskynlik meer as 45 kg (of 100 pond).
Marais was net ’n week voor die dood van die ou grote saam met die natuurlewe-fotograaf Hesté de Beer en haar vriend dr. Willem Daffue, ’n veearts van Kroonstad, in Kenia, waar hulle hom vir oulaas gaan afneem het.