Die voortslepende waterkrisis in Makhanda (Grahamstad) is ’n kruitvat wat wag om te ontplof sedert die Gift of the Givers se humanitêre hulp op dié dorp opgedroog het.
Die organisasie het Donderdag aangekondig dat hy sy hulpmiddele aan die dorp onttrek nadat hy in 13 weke meer as R15 miljoen bestee het om die munisipaliteit en sy inwoners uit hul waternood te red. Hy kan nie so aanhou help sonder finansiële steun van die regering nie.
Dit beteken duisende inwoners van dié dorp gaan weer blootgestel word aan beurtwater en afhanklik wees van die munisipaliteit se watertenkwaens om water te verskaf.