Dis nie aldag dat jy ’n ma aanmoedig om haar kind etlike meter ver grond toe te gooi nie.
Maar misvang was nié ’n opsie nie, sê Mehluli Moyo, een van die helde wat voorverlede Dinsdag in die Durbanse middestad met uitgestrekte hande gestaan en wag het om die tweejarige Melokuhle Manyoni te vang.
Rapport het verlede Sondag berig oor Naledi Manyoni se angsoomblikke toe sy haar dogtertjie moes afgooi.