Alle leidrade is uitgeput in die soektog na Elize van Zyl (59) van Upington en die polisie het ’n beroep op mense gedoen om met inligting na vore te kom oor waar sy haar moontlik kan bevind.
Die polisie is bekommerd oor haar gemoedstoestand en is dringend op soek na haar, sê sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.
Van Zyl is laas gesien toe sy die oggend van 27 November by die agterdeur van haar huis uitgeloop het.