Die oud-Springbok Breyton Paulse se ma en haar suster is die twee vroue wat Sondagmiddag by die ou hawe in Hermanus verdrink het.
Paulse het die nuus Sondagaand aan Netwerk24 bevestig. “Dit is baie hartseer. Bid vir my en my familie,” het hy kortliks in ’n WhatsApp-boodskap gesê.
Setta Visagie, Paulse se ma, en haar suster, Marie Gelant, het Sondag verdrink nadat hulle omstreeks 15:00 by die ou hawe in Hermanus deur branders die see ingeslaan is.