Die Wes-Kaapse regering doen ’n dringende beroep op Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, om die naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl te heroorweeg.
Anroux Marais, die Wes-Kaapse LUR vir kultuursake en sport, het Saterdag in ’n verklaring gesê sy het met ontsteltenis die afgelope week verneem van die moontlike naamsverandering.
“Die monument verteenwoordig die diversiteit en groei van die Afrikaanse taal,” sê sy.