Sanral het konstruksiespanne ontplooi om met herstelwerk aan die N12 tussen Potchefstroom, Klerksdorp en Wolmaransstad in Noordwes te begin.
Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Sanral in Maart opdrag gegee om die slaggate en dele van die N12 wat in ’n haglike toestand is te herstel.
Progress Hlahla, Sanral-streekbestuurder, sê die spanne is op versoek van die minister ontplooi.