’n Vragmotor van Grain Field Chickens het Dinsdagoggend buite Reitz met ’n vrag van 10 500 hoenders omgeslaan.
Die ongeluk het by ’n afrit na die dorp gebeur.
Drie inwoners het aan Netwerk24 gesê die vragmotorbestuurders van Grain Field “jaag soos hooligans” en dat die bestuurders ander padgebruikers se lewens in gevaar stel.