Die Kaapstad-metro se wetstoepassers het reeds honderde bande wat op strategiese plekke oor die stad heen geplaas is, verwyder.
Die bande is vermoedelik daar geplaas sodat dit Maandag ten tyde van die EFF se beplande landwye optogte gebruik kon word.
Die EFF gaan teen beurtkrag betoog en eis dat pres. Cyril Ramaphosa bedank.