Die huiswerker van Potchefstroom wat Dinsdag deur drie pitbulls verskeur is, is verlede jaar glo deur dieselfde honde gebyt.
Dupuo Kokolosi (47) is in ’n bedenklike toestand in die waakeenheid van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto. Sy het oral oor haar lyf ernstige bytwonde opgedoen en gedeeltes van haar neus, ore en onderlip is afgeskeur.
Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê hulle het Kokolosi se dogter, Patricia Modise, Woensdag laat opgespoor.