Die Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa) het ’n beroep op die regering gedoen om kerkleiers in te roep om die geweldpleging in die land te help stopsit.
Dawid Kamfer, Icosa se nasionale woordvoerder en leier in die Wes-Kaap, sê kerkleiers kan ’n groot rol speel om die probleem te help oplos.
“In die apartheidsjare was kerkleiers instrumenteel daarin om eenwording in die land te bewerkstellig toe geweld op sy ergste was en duisende mense gesterf het.”