Dit was vir hom asof hy sy eie kind moes skiet, sê Rassie Erasmus, eienaar van die tierwyfie wat die afgelope week uit haar kamp in Walkerville in Gauteng ontsnap het.
Erasmus moes self die tier, Sheba, doodskiet nadat hy en ’n ander man haar Woensdag in die vroeë oggendure ná ’n soektog van vier dae aangetref het, sowat 700 m van waar sy uit die kamp ontsnap het.
Die tier se ontsnapping en dood het groot opslae gemaak, met baie mense wat Erasmus daarvoor verantwoordelik hou.