’n Ikoon in die wetenskap- en forensiese wêreld wie se nalatenskap groot is.
So is dr. Paul Stefan Ludik (61), voormalige hoof van die Namibiese polisie se forensiese wetenskap-instituut en pa van die akteur-sanger Stefan Ludik en sanger Hugo Ludik van Adam-faam, beskryf wat Woensdag ná ’n kort siekbed in Namibië oorlede is.
Adj.komm. Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, het volgens mediaberigte Ludik se dood Woensdagaand bevestig en gesê hy is by sy huis in Windhoek oorlede.