Die Oos-Kaapse winter-inisiasiestydperk is met ’n hele maand verkort weens die toenemende infeksies met die koronavirus.
Die provinsie het verlede week ’n skerp styging van 44,6% in koronavirusgevalle gesien. Teen Dinsdag het die provinsie 4 077 aktiewe gevalle gehad.
Nkosi Langa Mavuso, waarnemende voorsitter van die Huis van Tradisionele Leiers in die Oos-Kaap, sê die besluit om alle winter-inisiasieseremonies op te skort, is ook in pas met die strenger vlak 4 van die nasionale staat van inperking wat nou geld.