Inwoners van die Pebble Rock-gholflandgoed buite Pretoria is in kennis gestel dat hulle ’n gedeelte van die gholfbaan moet vermy nadat ’n tamaai krokodil daar gesien is.
Huiseienaars is aangesê om veral die dam by die sesde putjie te vermy om “beserings te voorkom en die moontlikheid om die reptiel af te skrik”.