Na ’n omstrede rubriek oor sy inhegtenisneming die naweek by die V&A Waterfront in Kaapstad, het die ondersoekende joernalis Jacques Pauw en die aanlyn koerant The Daily Maverick se paaie van mekaar geskei.
“Jacques Pauw sal nie meer deel wees van Daily Maverick se span bydraers nie,” het die redakteur, Branko Brkic, in ’n naskrif gesê in ’n brief oor Pauw se rubriek en die nadraai daarvan.
Daarin vra Brkic sy lesers om verskoning “dat verkeerde inligting hul bereik het” en sê hy het sy lesers in die steek gelaat.