Nege maande lank het die Vrystaat geen funksionele provinsiale rampbestuursentrum soos deur die wet vereis gehad nie en die Jagersfontein-ramp kon voorkom gewees het as daar een was, sê Leona Kleynhans, DA-lid van die provinsiale wetgewer.
Sy sê dit is skandalig dat die provinsiale rampbestuursentrum opdrag van die departement van indiensneming en arbeid op 6 Junie verlede jaar gekry het om die gebou te ontruim en daar toe niks gedoen is om die sentrum weer in bedryf te stel nie.
Die gebou moes ontruim word weens ’n onveilige werkomgewing en omdat daar nie aan die minimum infrastrukuur-standaarde soos vereis vir ’n rampbestuursentrum voldoen is nie, sê sy.