Die Springbok-losskakel Elton Jantjies (31) het na bewering ’n glasbottel met sy vuis stukkend geslaan en glo ook ’n manlike vlugkelner met die dood gedreig.
Bronne met kennis van die voorval het Maandag gesê Jantjies het ook in Afrikaans op die vlugkelner gevloek.
Jantjies is Sondag op die O.R. Tambo-lughawe aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat vlugpersoneel die kaptein gevra het om in te tree. Luidens inligting het die voorval omstreeks 03:30 op Emirates-vlug EK 761 van Dubai na Johannesburg plaasgevind.