Janusz Walus, veroordeelde moordenaar van die anti-apartheidstryder Chris Hani, ontvang mediese behandeling nadat hy in die tronk met ’n skerp voorwerp gesteek is.
Sowetan Live berig die aanval het Dinsdag net voor 17:00 in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gebeur.
Volgens Sowetan Live is die persoon wat Walus gesteek het, ’n oudsoldaat wat ook lewenslange tronkstraf uitdien.