Die vermoorde Jerobejin van Wyk (13) van Klawer se ouma kon Woensdag danksy ’n barmhartige Samaritaan in ’n splinternuwe huis intrek.
“Jerobejin sou homself gate uit geniet het in my nuwe huis,” sê Theresa van Wyk (74), wat Woensdagaand geslaap het “asof ek in die hemel is” nadat sy jare in ’n vervalle sinkhuis moes bly. Dié huis het afgebrand.
’n Kers het tot die brand gelei en niemand is beseer nie.