Dit is ongewoon dat ’n massiewe allergiese aanval iemand se dood veroorsaak wanneer die persoon die regte medisyne byderhand het.
Jess Prinsloo (24) was egter die uitsondering toe sy einde Desember in Johannesburg gesterf het ná ’n erge allergiese reaksie op melk.
Volgens prof. Louise van den Berg, medeprofessor en departementshoof by die departement van voeding en dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, is so ’n anafilakse ’n dodelike sistemiese reaksie waartydens iemand tipies asemhalingsprobleme ondervind en die bloeddruk daal.